Listen

Description

Hierdie week daag Ps. Hendri Hofmeyr ons uit om met oop harte te leef en verantwoordelikheid te neem vir ons aandeel in gebroke verhoudings. Om genade bo wraak te kies, die eerste tree te neem, en in nederigheid te bly, is deel van die pad na herstel. Genesing gebeur nie net nie, dit begin by iemand wat bereid is om eerste te beweeg.