Johannes 16:16-33
Die gedeelte wat jy asseblief eers moet lees is Johannes 16:16-33. Ons gaan spesifiek kyk na vers 33 binne die konteks van die gedeelte. Ons gaan sien dat ons verseker swaarkry hierdie jaar in die wêreld kan verwag, maar Jesus het die wêreld oorwin! (Vers 33). En dit beteken dat die Vader self ons liefhet (vers 27) en dat ons vreugde deur gebed in hierdie tyd kan beleef! (vers 24).
(Let op die vlge 2 foutjies in die preek. Ek verwys na Jesus wat noem dat hulle hom niks meer sal vra in daardie dag nie. Dit is vers 23, nie vers 25. Ek verwys ook na Joh 3 :1, dit moet 1 Joh 3:1 wees)
Geniet die diens!
Jacobus de Koning