1 Samuel 17
Henri Marais
Deur die genade van die Here, met Sy hulp en in Sy krag gaan ek in 2022 hierdie soort mens wees:
- Ek gaan diep en opreg glo en vertrou in die Here vir sy verlossing.
- Ek gaan op God vertrou vir sy voorsiening.
- Ek gaan in 2022 in die vrese van die Here leef, Hom gehoorsaam en eerbiedig.
- Ek gaan myself onderwerp aan die Here as die die een wat my hele lewe in sy hand hou.
- Ek gaan nie op my eie krag staatmaak nie maar gaan lewe in die krag die Here.
- Ek gaan in dankbaarheid en nederigheid aanvaar dat ek verlos is deur sy genade.
- Ek gaan elke dag standvastig wees in my geloof.
- Ek gaan terugkeer na God en my sonde bely en daarvan afstand doen.
- Ek glo dat God gebed verhoor en verheug my daarin.