Listen

Description

Die skrywer en politieke kommentator Ismail Lagardien skryf in Daily Maverick dat die moontlikheid om president Cyril Ramaphosa te herroep, nie net wensdenkery is nie. Hy sê die ANC se geskiedenis dui daarop dat dit ’n werklikheid kan word. Volgens die artikel kan ’n groep in die ANC wat Radikale Ekonomiese Transformasie voorstaan, selfs met die EFF saamwerk om van Ramaphosa ontslae te raak. Die politieke ontleder prof. André Duvenhage, het drie maande gelede iets soortgelyk gesê, maar sy ontleding is nie positief ontvang nie. Nuuspod het in die lig van Lagardien se artikel met Duvenhage gepraat en aan hom gevra hoe sake in die ANC staan en wat president Cyril Ramaphosa se posisie in die party is.