Die DA sê hulle is bly dat plaaswagte weer operasioneel mag wees in die lig van 'n skerp toename in plaasaanvalle die afgelope week. Plaaswagte kon ingevolge inperkingsregulasies nie die afgelope twee maande plase patrolleer nie. Die skerp toename in plaasaanvalle sedert vlak 3 in werking getree het, noodsaak plaaswagte om aktief in hulle omgewing te wees sê die DA se skaduminister vir landbou, Annette Steyn.