Gewone Suid-Afrikaners sit met hul hande in die hare oor korrupsie wat elke dag deur die media ontbloot en voorgesit word. Talle voel die land is klaar oor die afgrond. Maar hoe werk korrupsie? Nuuspod het met die hoof van Universiteit Stellenbosch se Sakeskool, prof Piet Naudé hieroor gepraat.