Die inperkingstyd in Suid-Afrika weens die Covid 19 pandemie het ‘n geweldige groot impak op wildboere en die jagbedryf spesifiek gehad. So sê die wildboer Wiaan van der Linde van Wintershoek Safaris in die Noord-Kaap. Die jagbedryf is met die aanvang van vlak 3 weer oop verklaar, maar menige wildboer is onseker oor die toekoms. Van der Linde het in die lig hiervan aan Nuuspod vertel wat hulle doen en hoekom dit moeilik gaan wees om weer kop op te tel.