Listen

Description

Baie sakeondernemings en individue kan nie hul huur, verbandlenings en skuld betaal nie omdat hulle nie 'n inkomste in die grendeltyd verdien nie. Hoewel banke in sommige gevalle 'n soort verbandvakansie gee, gaan hulle nog steeds rente hef en skuldenaars se las gaan nie gou ligter word nie. Nuuspod het aan die prokureur en kredietwetkenner, Michael Lombard gevra wat vir ons in die nabye toekoms wag.