Listen

Description

Die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde sê ’n referendum om die Wes-Kaap van die res van SA te laat afstig is onsinnig en hy sal dit teenstaan. Die gedagte word nou al ’n tyd lank deur verskeie groepe soos die Cape Party voorgestaan en het veral in die laaste paar maande nuwe dryfkrag gekry. Corné Mulder van die Vryheidsfront Plus sê Winde se stelling wys waar die DA hom in die debat plaas en dat kiesers die party by die stembus hieroor sal straf. Nuuspod het aan Mulder gevra hoekom hy die idee van afstigting voorstaan.