Listen

Description

In n bejaarde oomblik het ek hierdie week my hand gebreek of erg verstuit. Ek het begin met Volk Jou Ook 16 maar na 4 songs was dit bietjie erg vir die rekenaar werk. Ek het daarna toe maar die heel Eerste Volk Jou Ook van 16 weke gelede opgelaai wat nog nie voorheen op Nuuspod beskikbaar was nie. Ons gedenk vandag wat Piet Botha se verjaardag sou wees. Daar is ook n lekker onderhoud met Anton Goosen wat aansluit by die vrystelling van sy biografie laas week saam met Hanlie Retief.