Standbeelde van Jesus as ‘n wit man is ‘n vorm van wit meerderwaardigheid. Dit is die mening van die Amerikaanse Black Lives Matter aktivis Shaun King. King wil hê die standbeelde moet soos ander standbeelde wat met slawerny en rassisme verbind word, moet ook vernietig of verwyder word. King het die uitlatings op verskeie twiets oor geskiedkundige monumente gemaak. Die monumente is op die oomblik die fokuspunt van talle Amerikaners se toorn oor rassisme in Amerika wat vlam gevat het na die dood van George Floyd. King het die twiets opgevolg met ‘n verklaring dat Jesus ‘n leuen is wat aangewend word om Christenskap as ‘n voertuig van onderdrukking te vestig. Nuuspod het aan die professor Reggie Nel, dekaan van die Fakulteit Teologie aan die Universiteit Stellenbosch, gevra wat hy van King se uitlatings dink.