Toe Cindy Kruger (’n skuilnaam) van Alberton ’n week of drie gelede negatief getoets het na haar stryd met Covid19, het sy gedink sy is gesond. Wat sy inderdaad was, maar sy moes vinnig uitvind dat mense se persepsie oor die virus nie noodwendig ooreenstem met die feite nie. Sy is op Vrydag 24 Jullie gevra om die Spar in Brackenhurst, Alberton te verlaat omdat sy klante ongemaklik maak. Sy het aan Nuuspod vertel wat met haar gebeur het.