Listen

Description

Lees: Mark 6:7-13 en 30-44. 

Fokus: Mark 6:34-44. 

Geloof wat uitloop op wonderwerke! 

·       Jesus se rabbynse proses van dissipelskap (Mark 6:7,12-13). 

·       Eerstens, Jesus was gedryf deur medelye (Mark 6:34). 

·       Tweedens, Jesus het na sy Vader geluister en nie toegegee aan sy dissipels se redenasie dat Hy die skare moet wegstuur nie (Mark 6:36). 

·       Derdens, Jesus het die disspels se geestelike blindheid gebruik om hulle te leer in tekens en wonders (Mark 6:37). 

·       Vierdens, Jesus het instruksies gegee en die dissipels het gehoorsaam (Mark 6:39,40). 

·       Vyfdens, as jy in die geloof die moontlike doen, doen God die onmoontlike (Mark 6:41-44). 

 

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: 

·       Verduidelik Jesus se rabbynse proses van dissipelskap. 

·       Verduidelik die vyf riglyne aangaande wonderwerkende geloof wat ons kan leer uit Mark 6:34-44.