Lees: Gal 6:7-8 en 1 Tes 5:12-28.
Fokus: 1 Tes 5:23.
Jy is alreeds nou in jou wedergebore gees wat Jesus Christus is.
Paulus sluit ‘n groot aantal riglyne (hoe om op die akker van die Gees te saai) af met ‘n gebed dat God die gemeente na gees, siel en liggaam sal heilig en bewaar. In hierdie onderskeiding van gees, siel en liggaam, lê die sleutel hoe God ons heilig en bewaar om onberispelik te wees tot wanneer ons Here Jesus Christus weer kom. Die sleutel lê in ons gees, want ons is alreeds nou in ons wedergebore gees wat Jesus Christus is.
Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: