Listen

Description

Lees: Psalm 16:1-11. 

Fokus: Psalm 16:8 (AFR53). 

Wie gelowig die teenwoordigheid van die Here aanvaar, is verseker van ‘n vaste lewenskoers, veiligheid en vreugde. 

·       Die belewing van God se teenwoordigheid is ‘n werklikheid, want Jesus Christus het opgestaan uit die dood om saam met sy kerk te leef. 

·       Teenwoordigheid van die Here bring veiligheid (v 9). 

·       Teenwoordigheid van die Here bring lewenskoers (v 7). 

·       Teenwoordigheid van die Here bring lewensvreugde (v 7,9). 

 

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

·       Hoe het Jesus Christus Psalm 16 vervul? 

·       Waarom is geloof in Jesus Christus se opstanding so belangrik? 

·       Wat is die gevolge van die Here se teenwoordigheid in gelowiges se lewens?