Lees: Gal 5:13-26 (AFR53).
Fokus: Gal 5:16-18.
Die stryd om die beheer van die siel.
As my siel nie in God se rus verkeer nie (ek nie vrede ervaar in my denke en emosies nie), dan kom my vlees met ‘n valse oplossing om beter te voel (alkohol, pornografie, koop, eet, ens).
As jy in God se rus verkeer (daar vrede in jou denke en emosies is), dan hou die vlees op om werksaam te wees.
Bring vrede vir jou siel deur God se seëning in Christus – dan het die vlees niks te doen nie en al hierdie vleeslike begeertes verdwyn.
Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:
· Verduidelik die onderskeid tussen gees, siel en liggaam.
· Watter deel het nuut geword met ons wedergeboorte (vgl 2 Kor 5: 17) en wat is die invloed daarvan op die res van ons wese?
· Hoe kan ons die werke van die vlees in ons lewens oorwin?