Wat verstaan iemand wat koud kry? Hy of sy verstaan 'n kombers.
Wat verstaan iemand wat honger is? Hy of sy verstaan iets in die hand om te eet.
Wat verstaan iemand wat eensaam is? Hy of sy verstaan jou daar wees.
Wat verstaan iemand wat bang is? Hy of sy verstaan dit om veilig by jou te voel.
Wat verstaan mense van die liefde van God? Hulle verstaan God se liefde deur by jou aanvaarding, menswaardigheid en liefde te beleef.
Daar is soveel verskille tussen mense. Die enigste manier hoe ons mekaar sal begin verstaan is deur ons Christenskap uit te leef soos wat God dit van ons vra:
God is en word jou alles en almal rondom jou hanteer jy soos jy wil hĂȘ dat ander jou sal hanteer, met respek, met aanvaarding, met menswaardigheid, met waarde en dan so sal ons en ander die Evangelie verstaan.