Listen

Description

Hierdie is 'n reeks van hoop in die Grendeltyd.

So lyk 'n sakkie van hoop:

In 'n ziplock sakkie gooi jy die volgende:

½ koppie rys

½ koppie 4 in 1 sopmengsel (droog)

½ koppie lensies

1 bees blokkie

1 pakkie soppoeier – enige soort.

En dan gee jy dit vir 'n behoeftige gesin met die volgende instruksies:

Gooi 2½ liter water in 'n pot en laat kook,

gooi nou die sakkie se inhoud daarin en

kook vir 35-40 minute.

Roer gereeld.

Dit is 'n vullende ete vir minstens 4 mense.

Toets dit maar self, ons het en dit is lekker.