Dit is maklik om te praat oor die liefde van God. Dit is ook maklik om te getuig oor hoe jy jou hart vir die Here gegee het. Dit is WOW. Wanneer ons praat oor die liefde van God vir ons en ons liefde vir God, vergeet ons dat dit nie hier stop nie. Die uitvloeisel van my liefde vir God, is my liefde teenoor mense rondom my.