Kies vandag. Moses sê een van die konsekwensies daarvan om vir die lewe, en vir gehoorsaamheid aan God te kies, is (vers 19) sodat jou nageslag kan lewe. Ons keuses as ouers beïnvloed ons kinders.
Jou keuse om gereeld kerk toe te kom, en om daagliks soos Jesus te probeer lewe, beïnvloed jou kind. Ja, sê Moses, as jy die lewe kies, dan kies jy ook ‘n lewe vir jou nageslag.
Die konsekwensies van ons keuses het nie net ‘n invloed op ons nageslag nie, maar natuurlik ook op onsself. Die hoof konsekwensie wat Moses uitlig is die een om te kies tussen die ewige lewe of die ewige dood.