Listen

Description

Luister! Jy het vir God en mede gelowiges in jou lewe nodig. Jou drink pelle en jou rykdom en jou partytjies en jou oorgee aan jou begeertes gaan jou siel uitdroog en dan gaan alles uitmekaar kraak en is jy alleen.

Wat nou in jou lewe saak maak en wat nou in jou lewe prioriteite is gaan jou lewenshuis se fondasie wees.

En dan kan ons nie verstaan as ons lewens uitmekaar skeur nie. Jy kan nie jou lewenshuis gedeeltelik op God en gedeeltelik op jou eie begeertes bou nie.

Jou huis SAL uitmekaar skeur.