Is ons vandag regtig baie anders as die volk van God daar by die berg Sinai?
Klaarblyklik verskil die soort van sonde of die mate van afvalligheid dikwels met dit waarvan ons in Eksodus 32 lees.
Is ons sonde in wese anders? Is dit nie óns waarvan die Bybel hier praat nie?
Is God jou eerste prioriteit? Is Hy jou begin en einde? Of is jy of iets anders in jou lewe maar eintlik jou god?
Jy moet onthou: Alles is net genade. Draai terug na God toe. Hy vergewe. Ons leef en bestaan deur die genade van God. Dit is deur God se genade dat ons sonde vergewe is en ons deel van God se volk gemaak is.