Johannes 20:19-23
Stel jouself die toneel voor wat Johannes vir ons in hierdie gedeelte skets: Daar sit hulle, Johannes, Jakobus, Petrus en die ander dissipels. Hulle is platgeslaan. Al Jesus se wysheid, sy woorde, sy wonderwerke was toe alles tevergeefs. En net toe een van hulle mompel ‘dit help tog niks nie’, hoor hulle ‘n stem: ‘vrede vir julle’.