Listen

Description

Johannes 19: 28-30 - Wanneer jy nie uitkoms sien nie, is dit donker, en dan dors jy na enige uitkoms. Ek is dors, sê Jesus. In sy geval is daar geen uitkoms nie – net suur wyn. Jesus het geweet dat die einde van sy aardse pad baie naby was. Met hierdie wete sê Hy: “Ek is dors.”

Hy sê dit nadat hy tot die besef gekom het dat die prys om sondaars mee los te koop, klaar onderhandel is – dit is Sy Lewe!