Vanoggend skuif ons alles wat krap, bekommer en skuur eenkant toe. Vanoggend gaan hierdie boodskap nie oor ons nie maar oor God. Vanoggend gaan ons fokus op ons afhanklikheid van God. Vanoggend gaan ons fokus op gebed.
Die Bybel is vol gebede. Gebede van hoop, vrees, frustrasie, smeking, oorgawe, lof en aanbidding. Gebed se doel is om ons, wat bid, se fokus reg te kry.
Gebed is nie om vir God aan die beweeg te kry, of om God energie te gee om iets te doen nie. Gebed is om, my begeertes en my behoeftes, voor God te kom plaas om daarmee net weer my, ons, afhanklikheid van God te erken.
Ons is so klein en so nietig, almal breekbare kruike - stof. Alles wat ons is en het, is net genade