Daar is nou eenmaal dinge in die lewe wat by mekaar hoort: Naald en gare, rugby en braaivleis, vrouens en sepies, mans en remotes... Ja, hierdie dinge kan nou eenmaal net nie van mekaar los gemaak word nie. Maar dit is ook waar van ons geloof. Geloof is 'n saak van kop, hart en hande. Dit kan nie van mekaar geskei word nie. Geloof en kennis (kop) kan nie van mekaar losgemaak word nie; netso kan geloof en emosie (hart), en geloof en dade (hande) nie van mekaar losgemaak word nie. 'n Boom word aan sy vrugte geken.