Listen

Description

ʼn Mens kry twee soorte mense.  Die een groep voel dat hulle nooit goed genoeg is nie en die ander groep voel dat hulle die sentrum van die heelal is.

Daar behoort ʼn derde groep te wees: Nederige mense wat weet dat hulle so waardevol is dat Jesus vir hulle aan die kruis gesterf het.  Mense wat ten volle probeer lewe omdat hulle hierdie lewe uit God se hand ontvang.  Mense wat weet dat God hulle gekies het.