Listen

Description

Efesiërs 2:19: 19Julle is dus nie meer ver van God af nie, nie bywoners nie, maar mede-burgers van die gelowiges en lede van die huisgesin van God.

God is ons VADER – en as Vader versorg Hy ons, hou Hy sy verbond, sy beloftes met ons in stand. As Vader word ons sy erfgename, sy naam draers, sy kinders.

Jesus is die Seun van God: Kolossense 1:20: Deur die bloed van sy Seun aan die kruis het Hy die vrede herstel, deur Hom het Hy alles op die aarde en in die hemel met Homself versoen. En as Jesus die Seun van God is en ons is kinders van God, lede van die huisgesin van God – is Jesus ook ons broer.

Die Heilige Gees word deur die Bybel beskryf in terme van 'n Moeder:

Die Heilige Gees rus ons toe, gee gawes, is ons Trooster, gee nuwe lewe, versterk ons, lei ons. Romeine 8:26: 26Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie.

En soos Galasiërs 5:22 dit opsom: 22Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, 23nederigheid en selfbeheersing. Soos 'n mamma.

En dit is die mamma wat geboorte skenk – Johannes 3:5-6: 5Jesus het geantwoord: “Dit verseker Ek jou: As iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy nie in die koninkryk van God kom nie. 6Wat uit die mens gebore is, is mens; en wat uit die Gees gebore is, is gees