Word mense deur jou woorde en deur jou houding en deur jou dade na God toe, en selfs kerk toe getrek of nie? Bly jy weg by die kerk omdat dar iemand in die kerk is wat jy nie kan verdra nie? Uitgesluit deur jou vooroordele maar ingesluit deur God se genade? Glo jy nog regtig dat verlossing net vir die mense is wat jy oordeel gered is of kan word? Besluit jy en oordeel jy wie gered is?