Listen

Description

Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.

My taak, my roeping, word nou, deur die Heilige Gees, JULLE taak en roeping – julle word my verteenwoordigers, soos voor die sondeval. Ek herstel julle weer in dieselfde gestalte soos wat die mens VOOR die sondeval was.

Ek blaas weer my Gees oor julle en julle word weer Beeld van God. Nuut gemaak, herskep, verteenwoordigers van God. Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.

Jesus is dus nie meer hier op aarde om alles te doen nie, want dit is nie meer nodig nie, want ons, ons wat die Heilige Gees ontvang het is hier.

Ons is die hoop vir die wêreld. Ons is Jesus se verteenwoordigers en daarom word die wêreld deur ONS verander en genees. Ons is Jesus se verteenwoordigers en daarom word mense deur ons aangeraak en verander.