Listen

Description

Jesus het mens geword, het die skares geleer, het genees en vergewe, het gely, het
gesterwe, is begrawe, het opgestaan uit die dood en het
opgevaar na die hemel. Daar stop die verlede tyd.

 

Nou word Jesus teenwoordige tyd, want Hy sit aan die regterhand van die Vader, Hy regeer
oor ons wêreld en ons lewens, Hy werk deur sy Woord en Gees in ons wêreld.

 

Jesus se verlossingswerk is afgehandel en Hy is nou Koning.