Deur Jesus word ons kinders van God. Sonder Jesus is daar geen Verlossing of Vryspraak nie. Sonder Jesus is daar geen vergifnis nie. Sonder Jesus is daar geen lewe na hierdie lewe nie.
Die lewe en vreugdes en oorvloed wat die wêreld gee, is tydelik, sterflik – mot en roes vernietig dit. Die lewe wat God gee, is ewig. Dít en dit alleen, vorm die basis, die grond, waarop ons oorwinningslewe kan lewe.
Ons oorwinning is nie die resultaat van óns geloofsprestasie nie, maar van ons geloofsverbintenis aan Jesus Christus – en daarom glo ons en daarom is ons gehoorsaam.