Listen

Description

LOOF DIE KONING, HY WAT IN DIE NAAM VAN DIE HERE KOM!

Al juig die skare, het hulle nie besef waaroor hulle regtig juig nie. Daar is 'n misverstand. Die skare verwag dat die koninkryk van God deur Jesus nou op 'n sigbare wyse sou aanbreek – Jesus moes volgens hulle hier as aardse koning gekroon woord, maar dit gebeur nie en daarom het die skare se entoesiasme oor Jesus vinnig verdwyn. Binne 'n week sou hulle Hom uit die stad met 'n kruis op sy rug jaag. Vir hulle moes die nuwe koningskap 'n politieke gebeurtenis wees, terwyl God in Jesus iets anders in gedagte gehad het.

Jesus se koningskap is anders. Al is Hy die Koning van die heelal, pas Hy nie op 'n wêreldse troon nie. Die rooi tapyt was uitgerol tot by die kruis.