ʼn Mens vergeet so gou. Sommer gou gou raak mense onseker of hulle gered is, of dink hulle dat daardie oorgawe nie genoeg was nie, met ander woorde: dat God nie regtig, by daardie geleentheid, jou vrygespreek het nie. 1 Johannes 5:12-13: 12Wie die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie. 13Dit het ek aan julle geskryf sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Naam van die Seun van God glo.