Listen

Description

Deuteronomium kan in 3 hoofdele opgedeel word:

 ·  Terugkyk (hfst. 1-3) – Onthou waar julle vandaan kom;

· Riglyne vir nou (hfst. 4-30): Luister na, en leef in 'n verbondsverhouding met die Here;

· Vooruitkyk (hfst. 31-34): Vertrou op die beloftes van God vir die toekoms.

 

* Onthou waar jy vandaan kom.  God het jou nog altyd gedra.

* Luister na, en leef in 'n verbondsverhouding met die Here, maw God sê: “Ek sal jou God wees”, en ons sê ons is u dankbare gehoorsame kinders.

* en daarom vertrou ons ook dat God, ook in die toekoms, sy beloftes sal nakom – Ek sal julle God wees.