Listen

Description

Die evangelie wat Paulus verkondig is dat ons uit die sondige wêreld gered word deur die geloof in Christus alleen.

Waaroor Paulus dit in hoofstuk 2 het is dat jy aan hierdie ware evangelie moet vashou met jou hele lewe.

Dit was vir Paulus só belangrik dat hy alles in sy vermoë gedoen het om dit nie net te verduidelik nie, maar hy doen ook moeite om die waarheid van die
evangelie prakties te verdedig.  

Die evangelie vra dat jy op ‘n sekere manier moet lewe en dat jy nie akkommoderend moet wees met afwykings nie.  Jy kan nie verdraagsaam wees met verdraaiings nie.  Dit is nie OK dat almal maar mag dink soos hulle dink nie. Paulus verskil lynreg daarmee.