Waarom wil jy jouself vernietig? Waarvoor wil jy die las van jou verlede elke dag saam met jou sleep? Jy kan absoluut niks aan jou verlede doen nie, maar jy kan alles aan jou hede doen.
Hou dan op om in die verlede te lewe. Hou op om die verlede te probeer regmaak. Jy kan niks daaraan doen nie. Jy kan tog nie ‘'n glas vol water in 'n rivier gooi en dink jy kan dieselfde water weer uitskep nie. Dit is totaal en al ontmoontlik.
“Let go!” Laat God toe om jou kettings te breek. Psalm 32:1-2: Dit gaan goed met die mens wie se oortredings nie gestraf word nie, wie se sonde vergewe word. 2 Dit gaan goed met die mens vir wie die Here die oortreding nie toereken nie.