Listen

Description

Ouers kan vergelyk word met beeldhouers. Ons kinders word wat ons vir hulle voor-leef. Hulle na-aap ons in wat ons sĂȘ en doen. Hoe jy as man oor en met vrouens praat, is hoe jou seun eendag oor en met vrouens gaan praat. Hoe jy as mamma jou man aanspreek of hanteer is hoe jou dogter eendag met haar man sal doen.  En hoe jy as ouer vir God in jou gesin plek maak, insluit of uitsluit, is hoe jou kind dit ook sal doen.  Ouers moet in hulle kinders die beeld van God help groei. Wat help dit dat jy sorg dat jou kinders eendag ALLES in die lewe het, behalwe 'n verhouding met die lewende God?