Skerp dit by jou kinders in. Dit gaan hier natuurlik oor meer as net jou woorde. Ons as pappas, oupas en mans moet onthou dat ons eintlik sê:
Volg my voorbeeld, soos ek die voorbeeld van Christus volg.
Daar is drie dinge wat jy mense nie kan leer deur boeke of woorde nie: leefstyl, waardes en gesindhede. Jy leer hierdie dinge deur hoe ander dit vir jou voorleef.
Jou leefstyl, jou waardes en jou gesindhede, word jou kinders sin.
’n Mens kan ’n kind net op drie maniere leer:
Eerstens, deur jou voorbeeld.
Tweedens, deur jou voorbeeld.
Derdens, deur jou voorbeeld.