Listen

Description

Ons kry nie ons krisisse en probleme hanteer nie. Ons omstandighede raak vir ons soms dood eenvoudig net te swaar.  Mense verloor moed.  Hulle verloor hoop.  Mense word al meer en meer lewensmoeg en depressief.

Die probleem is dat mense dink dat hulle begin en eindpunt in hierdie wêreld en in hierdie wêreld se chaos vasgevang is.  Soos Prediker sê: Alles kom tot niks.

En dit is waar totdat...  Dit is waar totdat jy vir Christus ontmoet en al hierdie gemors aan Hom oorgee.  Wanneer jy besef dat jou begin en einde nie jou omstandighede is nie, maar wel God is, verander jou hele denkpatroon. Kolossens 1:1-14 (2020 vertaling)