Listen

Description

Psalm 37:8:  Moenie kwaad word nie,  laat staan die woede,  moet jou nie ontstel nie:  dit bring net ellende.

Woede is 'n geestelike kanker wat lynreg teenoor God se liefdesgebod staan. Woede breek af, vernietig, verwoes. Want in woede sê jy goed wat jy nooit kan terugtrek nie. Woede maak seer. En daarom vergelyk Jesus woede eintlik met moord. Deur ons woede vermoor ons mense en verhoudings. Deur ons woede vermoor ons ons eie Christenskap. Woede breek in een oomblik af wat oor baie jare opgebou word.  Trek die onkruid van woede uit en plant en versorg die liefde sodat ons lewens ‘n wonderlike blomtuin van God se liefde kan wees.