Listen

Description

Welkom by die midweek bidstop - 'n geleentheid waar ons vir 'n paar minute kan stil word voor die Here en begelei word om bewus te raak van sy teenwoordigheid, te luister na sy Woord, dit te oordink en tot God Drie-enig te bid. Ek wil jou uitnooi om hierdie paar oomblikke stil te word en net bewus word van God wat in sy liefde, jou nou ontmoet daar waar jy is.

Ons gaan die volgende paar weke saam deur die Bergrede stap en lees vandag Matteus 5 vers 13-16.

God Drie-enig ontmoet ons daar waar ons is, net soos ons is. Mag dit vandag jou ervaring wees.