Listen

Description

Welkom by die midweek bidstop - 'n geleentheid waar ons vir 'n paar minute kan stil word voor die Here en begelei word om bewus te raak van sy teenwoordigheid, te luister na sy Woord, dit te oordink en tot God Drie-enig te bid. Ek wil jou uitnooi om in hierdie tyd jouself af te sonder en tot rus te kom by die Here: die Een wat was, is en sal wees; die Alfa en Omega, die begin en die einde.

God Drie-enig wat gister, vandag en tot in ewigheid dieselfde is, ontmoet jou nou in hierdie oomblik en nooi jou uit om by Hom tot rus te kom in Sy liefde en genade. Neem ’n oomblik en kom tot rus by jou Skepper.

Ons luister vandag na Matteus 5 vers 21-26.

God Drie-enig ontmoet ons daar waar ons is, net soos ons is. Mag dit vandag jou ervaring wees.