Listen

Description

Welkom by die midweek bidstop - 'n geleentheid waar ons vir 'n paar minute kan stil word voor die Here en begelei word om bewus te raak van sy teenwoordigheid, te luister na sy Woord, dit te oordink en tot God Drie-enig te bid. Ek wil jou uitnooi om in hierdie tyd jouself af te sonder: met die dag wat voorlê en alles wat gedoen moet word, of die dag wat dalk alreeds verby is en alles wat daarin gebeur het – plaas dit vir ’n oomblik opsy en raak bewus van God Drie-enig wat jou in sy liefde en genade ontmoet.

Ons lees vandag uit Matteus 5:33-37

Mag jy opnuut God Drie-enig ervaar, daar waar jy is!