Welkom by die midweek bidstop - 'n geleentheid waar ons vir 'n paar minute kan stil word voor die Here en begelei word om bewus te raak van sy teenwoordigheid, te luister na sy Woord, dit te oordink en tot God Drie-enig te bid. Ek wil jou uitnooi om in hierdie tyd jouself af te sonder en vir die volgende paar minute stil te word in die teenwoordigheid van jou God – Hy wat jou gemaak het in jou moeder se skoot, Hy wat jou verlos het aan die kruis, Hy wat nou in jou leef. Raak bewus van God Drie-enig wat jou nou ontmoet in sy liefde, genade en vrede.
-----------------------------------------------------
Ons lees vandag Matteus 5:33-37
Mag jy daar waar jy is, God ontmoet.