Listen

Description

Welkom by die midweek bidstop - 'n geleentheid waar ons vir 'n paar minute kan stil word voor die Here en begelei word om bewus te raak van sy teenwoordigheid, te luister na sy Woord, dit te oordink en tot God Drie-enig te bid. Ek wil jou uitnooi om in hierdie tyd jouself af te sonder en vir die volgende paar minute stil te word in die teenwoordigheid van jou God; kom tot rus by Hom wat self mens geword het en onder ons kom woon het, wat in Sy liefde as Lam ter slagting vir ons gesterf het en die dood oorwin het. God Drie-Enig nooi jou om stil te word by Hom.

-----------------------------------------------------

Ons lees vandag Matteus 5:43-48:

Mag jy God Drie-Enig ontmoet, daar waar jy is.