Welkom by die midweek bidstop - 'n geleentheid waar ons vir 'n paar minute kan stil word voor die Here en begelei word om bewus te raak van sy teenwoordigheid, te luister na sy Woord, dit te oordink en tot God Drie-enig te bid. Daar waar jy is, is die Here ook; en soos jy na die Here toe kom, ontvang Hy jou met Sy arms van liefde. Kom ons raak met hierdie wete vir ’n oomblik stil en word bewus van God Drie-enig se teenwoordigheid..
Ons lees vandag Matteus 6:5-15
Mag jy daar waar jy is, God Drie-enig ontmoet en tot rus kom by Hom.