Listen

Description

Welkom by die midweek bidstop - 'n geleentheid waar ons vir 'n paar minute kan stil word voor die Here en begelei word om bewus te raak van sy teenwoordigheid, te luister na sy Woord, dit te oordink en tot God Drie-enig te bid. Neem hierdie tyd en word rustig – raak bewus van jou asemhaling – dat God naby is, by jou is, in jou is – en dat Hy jou in hierdie oomblik ontmoet en ontvang in sy arms van liefde. Hier en nou, kan jy net wees.

-----------------------------------------------------

Ons lees vandag Matteus 6:19-24

Mag jy God Drie-enig ontmoet, daar waar jy is.