Welkom by die midweek bidstop - 'n geleentheid waar ons vir 'n paar minute kan stil word voor die Here en begelei word om bewus te raak van sy teenwoordigheid, te luister na sy Woord, dit te oordink en tot God Drie-enig te bid. In hierdie oomblik, kan jy tot rus kom by die Here – net soos jy is – met jou vreugde en hartseer, jou diepste geheime en grootste bekommernis. God nooi jou om stil te word en by Hom te wees – net soos jy is.
-----------------------------------------------------
Ons lees vandag Matteus 6: 25-34
Mag jy God Drie-enig ontmoet - daar waar jy is, net soos jy is.