Listen

Description

Welkom by die midweek bidstop - 'n geleentheid waar ons vir 'n paar minute kan stil word voor die Here en begelei word om bewus te raak van sy teenwoordigheid, te luister na sy Woord, dit te oordink en tot God Drie-enig te bid. God Drie-enig nooi jou in hierdie oomblik om by Hom te kom sit, om by Hom tot rus te kom.

Gebruik hierdie geleentheid om te weet: God is hier. Gebruik hierdie geleentheid om te praat: God luister. Gebruik hierdie geleentheid om weerloos te wees: God verstaan. Gebruik hierdie geleentheid om dankbaar te wees: God is by jou en in jou. Gebruik hierdie geleentheid om rust te vind by jou Skepper.

Ons lees vandag Matteus 7:13-14